Hedendaagse slawerny

Die moderne voorkoms van slawerny volgens lande.

Hedendaagse slawerny, wat ook bekend staan as eietydse slawerny, verwys na die gebruik van slawerny wat tot vandag toe steeds bestaan. Ramings van die aantal slawe vandag wissel van 21 miljoen[1] tot 29 miljoen[2][3][4][5] tot 46 miljoen.[6][7]

Moderne slawerny is 'n multimiljoenrandbedryf wat na raming VSA$35 miljard per jaar genereer. Die Verenigde Nasies raam dat sowat 27 miljoen tot 30 miljoen individue tans in die slawehandel vasgevang is.[8] Indië het die meeste slawe van enige land, sowat 18.4 miljoen. China is tweede met 3.4 miljoen slawe, gevolg deur Pakistan (2.1 miljoen), Bangladesj (1.5 miljoen), en Oesbekistan (1.2 miljoen). Volgens die persentasie van die bevolking wat in slawerny leef, het Oesbekistan die meeste met 4%, gevolg deur Kambodja (1.6%), Indië, (1.4%) en Katar (1.4%).

Mauritanië was die laaste land wat slawerny amptelik afgeskaf het, wat hulle in 2007 gedoen het; nogtans bly 4.3% van die bevolking slawe.[9] Hoewel dit in alle lande onwettig is, bestaan slawerny vandag steeds in talle vorme.

Slawerny bestaan ook in gevorderde demokratiese nasies, byvoorbeeld Brittanje, waar die departement van binnelandse sake raam daar tussen 10,000 en 13,000 slagoffers in Desember 2015 was. Dit sluit verskillende soorte gedwonge werk in, soos gedwonge prostitusie.[10] Brittanje het onlangs pogings aangewend om moderne slawerny die stryd aan te sê met die Moderne Slawerny-wet van 2015. Daar word nou van groot kommersiële organisasies vereis om elke finansiële jaar 'n slawerny-en-mensehandel-verslag oor hul verskaffingsketting uit te reik.

  1. "Forced labour – Themes" (in Engels). Ilo.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2010. Besoek op 15 Januarie 2015.
  2. Andrew Forrest signs up religious forces to fight slavery and trafficking
  3. Bales, Kevin (1999). "1". Disposable People: New Slavery in the Global Economy. University of California Press. p. 9. ISBN 0-520-21797-7.
  4. E. Benjamin Skinner (18 Januarie 2010). "sex trafficking in South Africa: World Cup slavery fear" (in Engels). Time.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2013. Besoek op 29 Augustus 2010.
  5. "UN Chronicle | Slavery in the Twenty-First Century" (PDF). Un.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 11 Februarie 2014. Besoek op 29 Augustus 2010.
  6. 46 million people living as slaves, latest global index reveals, The Guardian
  7. Where the World’s Slaves Live, The Atlantic
  8. India Tops Global Slavery Index With 18.35 Million People Enslaved, Huffington Post
  9. "Mauritanian MPs pass slavery law" (in Engels). News.bbc.co.uk. 9 Augustus 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 18 Augustus 2013.
  10. "'Oliver Twist' children used in crime, warns anti-slavery commissioner". BBC News (in Engels). 1 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2019. Besoek op 6 Februarie 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search